Geskryf deur Dyami Millarson

Elke Friese taalgemeenskap het tradisioneel ‘n droomwêreld waarin hulle leef. Oosterskellings, Hindeloopers, Skiermonnikoogs, Sagelterlands, Wangeroogs, Helgolands, Drelsdorfer Fries en alle andere Friese tale is verbind met hul eie droomwêrelde. Ek sê nie Friese “mitologie” nie want dit klink nie eietyds nie. Die woord “mitologie” het ‘n baie nare konnotasie net soos “dialek”. Dit wil sê hierdie begrippe spot met wat hulle beskryf. Mitologie en dialek word nie as vol beskou nie. ‘n Mitologie is ‘n kinderlike wêreldbeskouing en ‘n dialek is ‘n minderwaardige taal, daarom gebruik ek nie hierdie woorde nie, dit gee regtig nie uitdrukking aan wat ek wil sê nie, hierdie begrippe ondermyn selfs wat ek wil sê.
Die Hindelooper droomwêreld byvoorbeeld verbind mense met die verlede, die hede en die toekoms. Die droomwêreld oorskry tyd. As die Hindelooper taal egter sou sterf, verloor ons die Hindelooper droomwêreld. Dit geld ook vir Westerschellings, Oosterschellings, Skiermonnikoogs, Fahretofter Fries, Silter Fries, Feurder Fries en die tallose andere Friese tale. ’n Friese vrou het eenkeer vir my gesê: die Friese is besig om hul magiese wêreld te verloor. Ek doen navorsing oor die magiese wêreld van die Friese omdat ek die verband met taal sien; die Friese verloor nie net hul eie magiese wêreld nie, maar ook hul eie taal en kultuur.
Ek hou daarvan om tale te leer, want ek wil deel wees van die magiese wêreld van elke taal. Elke taal bied nuwe magiese ervarings en ek is mal oor sulke ervarings. In my vorige Engelse artikel het ek ‘n vergelyking met MMORPG’s (massively multiplayer online role-playing games) gemaak. Tale bied ‘n meeslepende ervaring net soos MMORPG’s, want albei is per definisie hul eie hele wêrelde of heelalle. Ek het dit in die verlede opgemerk toe ek Latyn, Oudgrieks, Goties, Oudnoors en Oudengels geleer het. Ek was heeltemal ingetrek in die wêreld van die Romeine, Grieke, Gote en die andere volke.
As dit die geval is met tale van een of tweeduisend jaar gelede, dan is dit ook die geval met tale wat ‘n paar honderd jaar gelede ontstaan het. Ek het dit opgemerk met Afrikaans, maar ook met Hattstedter Fries, Wangeroogs, Ockholmer Fries en baie ander Friese tale. Deur die Skiermonnikoogs te leer het ek baie meer oog gekry vir die natuur van die eiland Skiermonnikoog. Ek het geleer om deur die ou Eilanders se oë te kyk en dit is ‘n perspektief op Skiermonnikoog wat my lewe verryk, ek sou dit nie in my lewe wou mis nie. Deur Hindeloopers te leer het ek meer oog vir die volkskostuums, kuns en ander eienaardighede van Hindeloopen. Elke taal het iets om te bied in terme van magiese ervaring en tradisionele kennis.
Reblogged this on NEW BLOG HERE >> https:/BOOKS.ESLARN-NET.DE.
LikeLiked by 1 person
Thank you for reblogging! 🥳
LikeLiked by 1 person